Eksotiese atoom

’n Eksotiese atoom is ’n andersins gewone atoom waarin een of meer subatomiese deeltjies vervang is deur ’n ander deeltjie met dieselfde lading. ’n Elektron kan byvoorbeeld vervang word deur ’n ander negatiewe deeltjie soos ’n muon (muon-atoom) of pion (pion-atoom).[1][2] Omdat hierdie vervangende deeltjies gewoonlik onstabiel is, het tipiese eksotiese atome ’n baie kort leeftyd.

’n Hadron-atoom is ’n atoom waarin die elektrone vervang is deur ’n gelaaide hadron.[3] Moontlike hadrone sluit in mesone soos die pion of kaon.

  1. § 1.8, Constituents of Matter: Atoms, Molecules, Nuclei and Particles, Ludwig Bergmann, Clemens Schaefer, and Wilhelm Raith, Berlin: Walter de Gruyter, 1997, ISBN 3-11-013990-1.
  2. Exotic atoms Geargiveer 22 Desember 2007 op Wayback Machine, AccessScience, McGraw-Hill. URL besoek op 26 September 2007.
  3. p. 3, Fundamentals in Hadronic Atom Theory, A. Deloff, River Edge, New Jersey: World Scientific, 2003. ISBN 981-238-371-9.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search